Rati en Maats fokus op "what can be" - kyk en DINK anders -

 

aktiewe persepsie...  oorDENKING...  i-nteraksie met i-nligting

Rati en Maats fokus op omgewings- en insidentele leer, persepsuele ontwikkeling en inligtinggeletterdheid. Hulle ontdek die aarde speel-speel vanuit hulle ruimteskip se televisieskerms. Sewe temas (gefokus op die grondslagfase se kurrikulum) word ingespan om kinders leergereed en weetgierig te maak!

Rati die Robot (bron van inligting - i) gebruik “speelgoed” van die toekoms (rekenaar, ipad en afstandbeheer) om aanklank te vind by die nuwe generasie. Deurgaans word o.a. laterale denke toegepas, woordeskat uitgebrei, denkvaardighede en aktiewe visuele persepsie gestimuleer.

Rati en Maats is ‘n Opvoedkundige Vermaaklikheids-DVD wat in skole sowel as by die huis gebruik kan word om kinders bewus te maak van ‘n verskeidenheid van leergeleenthede in die alledaagse lewe!

 

Liewe Ouers:

Help vir Rati en Maats om u kind se brein (DINKfabriek) aan te skakel en oop te sluit. Gebruik die DVD om daagliks nog iets te leer op die lewenslange reis van ontdekking!

Intelligensie bestaan nie net uit verstandelike vermoëns nie, maar veral ook uit die manier waarop ons van die werklikheid om ons sin maak.

Geniet die inligtingontsluitingsreis saam met Rati en Maats!